Griep – wanneer kom die epidemie

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) van die Verenigde Nasies het ’n allesomvattende wêreld plan opgestel om ’n volgende griep epidemie te voorkom.

Die plan word beskou as die mees omvattende aksie wat ten doel het om die wêreld voor te berei vir die volgende griep pandemie.

Volgens die WGO is dit nie ’n kwessie van of so ’n griep pandemie sal uitbreek nie, die vraag is net wanneer gaan die gebeur.

Dit is die waarskuwing wat die WGO se Direkteur-Generaal, Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus in ’n verklaring gesê het.

“Die wêreld moet gereed wees om so ’n krisis die hoof te bied” het hy gesê  en bygevoeg dat die koste van so ’n pandemie veel groter is as die medikasie wat gebruik kan word om dit te verhoed.

Dr. Tedros wys daarop dat nuwe griep virusse afkomstig van diere, die gevaar inhou dat mense die virus wêreldwyd kan versprei.

Kenners het intussen daarop gewys dat die gevaar al groter word met die weerstand wat opgebou word teen antibiotika, en kan ’n enorme invloed hè op die mens se gesondheidstoestand.