Gordhan spartel met Eskom

Minister Pravin Gordhan oorheers die toneel by die Eskom fiasko, en die Minister van Energiesake speel nie eers in die tweede liga nie.

Gordhan het aan verslaggewers gesê die regering sal eers oor sowat 10 dae uitsluitsel hè oor wat Eskom s roete na herstel sal wees en hoe lank Suid-Afrika nog met beurtkrag opgesaal sal sit.

’n Dosyn of meer ingenieurs wat hulle vrywillige hulp aangebied jet om die Eskom gemors te ontleed is tans op die persele doenig met die hoop dat hulle ook die onkundige werkers as ernstige probleem sal raaksien.

Die kragvoorsiener is veronderstel om 95% van Suid-Afrika se elektrisiteit te voorsien, maar met sy onvermoë om dit te doen, het hy reeds in so ’n swaar skuldlas beland dat dit jare sal neem om die gemors op te ruim en weer effektief te funksioneer.

Deskundiges het gewaarsku dat beurtkrag nog etlike maande by ons sal wees, tensy ’n sterk bestuurspan die leisels oorneem en met goeie dissipline, doelgerigte harde werk onder leiding van bekwame bestuur kan dit gouer bereik word.

Of die ANC oor sulke bekwaamheid beskik, word egter betwyfel, en omdat die plaaslike blanke deskundiges nie gebruik mag word nie, sal iemand uit die buiteland dalk nodig wees.

Laat gistermiddag het Eskom probeer vure doodslaan van gerugte op die sosiale netwerk dat die kragvoorsiener weer soos verlede jaar, onverwags wil oorskakel na Fase 5 en Fase 6, en gesê daar is geen rede om na die verhoogde fases oor te gaan nie.

Foto – Pravin Gordhan