Google kry reuse boete

Die Europese Unie se reguleerders het die Alfabet maatskappy Google beboet omdat hulle sekere adverteerders geblok het.

Die boete van R237 miljard is gehef nadat die internet reus ook verlede jaar beboet is met sowat R75 miljard vir oortredings begaan.

Dit blyk asof Google nie gehoor gee aan die vereistes wat dur die Europese Unie gestel is nie, en het die EU se waghond besluit om toe te slaan en Google tot orde geroep oor sy benadering met advertensies.

Die internet reus het oënskynlik nie ’n gebrek aan fondse om boetes te betaal nie, maar waarnemers reken die moontlikheid is nie uitgesluit dat Google verbied kan word in Europa nie.