Franse Geel Hemde protesteer teen Macron

Die nou reeds berugte Franse Geel Hemde het weer die strate in gestroom uit protes teen die president, Emmanuel Macron se sosialistiese koers.

Die betogers het egter hierdie keer hul vreedsame optog verander na ’n brandstigting geleentheid en het die polisie laat bontstaan om beheer uit te voer.

Parys se strate het ontaard in ’n gevegsterrein tussen polisie en burgerlikes wat verskeie winkels en kantoorgeboue aan die brand gesteek het.

Meer as 40 Geel Hemp betogers, 17 polisiebeamptes en een brandweerman is in die skermutselings beseer.

Die betogers het honderde plakkate en baniere vertoon waarin president Macron gekritiseer word vir sy hervormings wat nie byval vind by die meerderheid kiesers nie.

Die Franse polisie het sowat 250 optoggangers gearresteer terwyl tientalle amok makers op die vlug geslaan het om buite bereik van die geregsdienaars te kom.

Meer as 500,000 protesteerders het die naweek ook beswaar gemaak teen die nuwe belastings wat op brandstof gehef is.