Facebook wil fop nuus beperk

Die sosiale netwerk van Facebook het aangekondig dat hy ’n reeks maatreëls in plek gaan kry om die euwel van fop nuus te bestry.

Die disinformasie wat tans op veral die sosiale media gevind word, het reeds menige leser benadeel deur die fop nuus as waarheid te aanvaar en dan ernstig benadeel is.

Die oprigter van Facebook het die aankondiging gemaak nadat ernstige voorvalle plaasgevind het in die VSA sowel as in ander dele van die wêreld waar mense die fop nuus vir gesondheid verbetering nagevolg het.

Facebook wil glo fop nuus en disinformasie oor entstof en ander medikasie summier van die Facebook se internet verwyder.

Die maatreël volg nadat sosiale netwerk gebruikers beswaar gemaak het oor sekere fop nuus wat aan lesers voorgehou is, en wat mense kan benadeel.

Ingeligte bronne sê die mees verstandige ding om t doen, is on geen mediese advies wat op die sosiale netwerke verskyn, te gebruik nie.