Europese Unie Waarsku Venezuela president

Die Europese Unie het die president van Venezuela, Nicolas Maduro, gewaarsku om nie sy dreigement uit te voer deur Juan Guaidó te arresteer nie.

Juan Guaidó, wat homself as tussentydse president van Venezuela verklaar het, geniet die steun van die regerings van Suid-Amerikaanse state sowel as in Europa.

Westerse lande erken nie meer die regering van Maduro nie, en is tans geïsoleer met Rusland en Sjina as vennote.

Juan Guaidó is tans op sy terugreis vanaf Columbië en Brasilië waar hy met regeringsleiers samesprekings gevoer het oor moontlike strategie om op niegewelddadige wyse van Maduro ontslae te raak sodat die demokrasie herstel kan word in Venezuela.

Die Europese Unie se waarskuwing bevat ook die vermaning dat die arrestasie van die land se opposisieleier die plofbare toestand in die land vererger, en waarnemers sê dit kan selfs lei tot burgeroorlog.