Eskom was in Fase 6

Alhoewel die krag-onderbreker, by name Eskom, die een liegstorie na die ander verkondig, is dit vir verbruikers baie duidelik dat Fase 6 Donderdag toegepas is.

Verbruikers sê Eskom is nie ’n kragvoorsiener nie, maar eerder ’n krag-onderbreker, want sy môre en aand stories klop nie.

In dele van Pretoria was daar Donderdag nie minder nie as vier kragonderbrekings, en die vermoede bestaan dat sekere dele vyf onderbrekings gehad het.

Eskom ontken dit heftig, maar verbruikers in die noorde van Pretoria sê hulle raak nou gewoond aan Eskom se liegstories, want hulle kon gedurende die dag se drie onderbrekings nie glo wat hulle beleef nie, terwyl daar reeds vroegoggend voor sonop ’n onderbreking was, en na 9 uur die aand ook een.

Dit is vyf onderbrekings, en dit is gelyk aan Fase 6 , sê die deskundiges.

’n Getroue leser berig dat hulle ’n 8 uur lange aaneenlopende beurtkrag gehad het Donderdag en beveel aan dat sakemanne en nyweraars hulle verliese moet eis van Eskom, en kan begin deur die bedrag van verliese af te trek van die Eskom rekening, en dit kan moontlik bydrae tot ’n spoediger herstel van die kragsentrales wat nooit in stand gehou is gedurende die afgelope 25 jaar nie.