Eskom se geheime probleem

Onderhoud by die Eskom kragsentrales was vir jare taboe – dit was altyd witmense se manier om geld en arbeid te verkwis, en die ANC regime, met sy vreemde kultuur van sogenaamde demokrasie se ware gemors breek nou deur tot die belastingbetalers.

Die gelieg van Eskom duur voort, en die 1,100 MW wat van Mosambiek gekoop word en nou nie beskikbaar is nie, is slegs die punt van die ysberg van tragedies.

Die werklikheid is dat die drie kragstasies, Drakensberg, Ingula en Palmiet so swak presteer dat hulle meer krag gebruik op elektrisiteit op te wek as wat geproduseer word.

Die drie lewer dus nie werklik ’n bydrae nie, terwyl die drie kragstasies veronderstel is om gesamentlik 2,700 MW te lewer.

Verbruikers kan hulle klaarmaak vir nog baie dae van beurtkrag, en die verdere agteruitgang van die ekonomie hang daarmee saam, want elke dag se beurtkrag laat die skuldlas met R2 miljard styg.

Intussen moet miljarde Rand gevind word om die twee nuwe kragstasies wat mank is, te herstel, en dit gaan glo baie maande duur om die enorme gemors van swak oprigting reggestel te kry.

Deskundiges reken die land sou geen tekort aan elektrisiteit gehad het indien die kragsentrales, soos in die verlede, behoorlik gediens is en deeglike onderhoud gedoen is nie.

Dit is nou reeds n bekende feit dat die twee nuwe kragstasies wat onder bedenklike toestande opgerig is, en miljarde meer gekos het as wat aanvanklik begroot is, nog lank teen laer produksie sy beperkte hoeveelheid krag gaan lewer.

Intussen leun Eskom baie, baie swaar op sy gas en diesel eenhede om krag te lewer, maar ook dit kan nie onbepaald voortgaan sonder behoorlike instandhoudingswerk nie.