Eskom: Privatiseer en ontbondel

Met die jongste verwikkelinge in Eskom wat weer beurtkrag moes instel om sy swak bestuurstyl te verbloem, blyk dit dat ontbondeling ook nie ’n oplossing bied nie aangesien dit weer ANC ondersteuners sal wees wat in die verskillende afdelings beheer sal kry.

Ontbondeling is nie die goue lepel waarmee die Eskom steenkool gesluk gaan word nie, en is volgens deskundiges net ’n nuwe foefie om mense te mislei.

Miskien kan oorweging gegee word aan die moontlikheid om die bankrot kragvoorsiener te privatiseer, met die verstandhouding dat dit nie weer ’n klomp onkundiges is wat Eskom vernietig soos wat onlangs die geval was met die swart Bank wat toe meer onregmatige transaksies gehad het as wat sy wettige handel was.

Kenners meen beide opsies is nie juis die antwoord nie – veel eerder behoort die ANC styl weggevat te word en vervang word met werklik deskundige persone wat nie net goed gekwalifiseer is nie, maar ook oor die integriteit beskik om die kragvoorsiener op die wenpad te kry.