Eskom lieg en die regering lieg

Energie deskundige, Ted Blom,  het Eskom beskuldig daarvan dat hul lieg oor hul ontkenning van fase 5 kragonderbrekings.

Volgens Blom het Eskom Dinsdag aangekondig dat hul 4, 900 MW krag “laat val” het en volgens Eskom se eie definisies is dit reeds Fase 5.

As die president kan lieg kan Eskom seker ook lieg, is die argument wat nou op die sosiale netwerk gesê word.

Met die jongste onthulling reken deskundiges dat ons eersdaags sal merk dat Fase 6 ook ingesluip het, en dat die skuldlas op die Suid-Afrikaanse ekonomie nog vinniger groei as wat ekonome voorspel het.