Eskom frustreer sport entoesiaste

Asof die spoke van Eskom se onvermoë nie genoeg is om elke huisvrou moedeloos te maak met beurtkrag nie, is die mans ewe ongeduldig omdat sportgeleenthede nie op TV gesien kon word nie.

Tientalle dorpe en stede het die frustrasie beleef van beurtkrag wat die oorsaak is dat rugby wedstryde nie gevolg kon word nie.

Die spook het ook verder geloop en op Nuweland het ’n fout ingesluip met die hoofligte terwyl die 50-50 krieketwedstryd aan die gang was. Die kragonderbreking wat onverwags ingetree het, was net genoeg om spelers en duisende krieket liefhebbers gefrustreerd te laat.

Die wedstryd moes gestaak word en ’n spesiale formule is gebruik om te bepaal dat die SA span met  41 lopies gewen het.