Eskom en ANC maak gereed vir fase 5 & 6

Die land staan op die rand van ‘n totale krag ineenstorting of “verduistering” weens Eskom se onvermoë om krag te voorsien.

Die ANC regering en Eskom is volgens berigte besig om planne in plek te kry vir fase 5 en fase 6 kragonderbrekings. Die vrese bestaan dat die stelsel totaal ineenstort en dit ten spyte van Pravin Gordhan se versekering dat daar nie verder as fase 4 beurtkrag sal wees nie.

Alle diesel wat beskikbaar is, is opgekoop om nood turbines te voorsien terwyl ketelbuise by agt eenhede in drie kragstasies besig is om onklaar te raak.

Kragonderbrekings is dus hier en sal met ons wees. Gordhan erken dat onderdele tans nie beskikbaar is vir instandhouding nie en dat dit tyd sal neem om die onderdele te bekom.

Eskom het egter ontken dat daar sulke drastiese onderbrekings sal wees en gesê dat hul net besig is met “gebeurlikheidsplanne”.