EFF se Shivambu uitgewys

Nhlanhla Nene het voor die Zondo kommissie getuig dat Floyd  Shivambu, adjunk-president van die EFF, hom versoek het om nie VBS Mutual Bank onder kuratorskap te plaas nie.

Shivambu se broer is na bewering een van die partye wat gebaat het by die Mutual Bank skandaal.  Dit het ook aan die lig gekom dat Nene agt keer die Gupta familie besoek het.

Ses keer  daarvan was terwyl hy adjunk-minister en twee keer  terwyl hy Minister van Finansies was.

Hy beskryf die besoeke  as ‘n oordeelsfout, maar waarnemers is van mening dat dieper gedelf moet word om agter die volle waarheid te kom.

Foto – Floyd  Shivambu