Duitsland vierde as wapen verskaffer

Die vraag na wapens in die Midde-Ooste is so groot dat dit klaarblyklik nie moontlik is vir die VSA om aan al die behoeftes te voorsien nie.

Dit het tot gevolg dat Duits vervaardigde wapentuig soos duikbote en skepe van die land die vierde grootste wapen verskaffer in die wêreld maak.

In die tyd sedert 2014 het die aanvraag na Duitse wapentuig skerp toegeneem volgens die jongste verslag van ’n Sweedse spesialis in Stockholm.

Die VSA bly die grootste leweransier van wapens met nagenoeg 36% van alle wapentuig wat in die afgelope 5 jaar in die wêreld verhandel is.

Die VSA verkoop wapentuig aan sowat 100 lande waarvan die helfte van die wapens aan die Midde Oosterse lande gelewer word.

Rusland is die tweede grootste wapen verkoper aan ander lande en het sowat 28 lande as “permanente kliënte” .

Met Frankryk in die derde plek en Duitsland in die vierde plek, staan Sjina vandag in die vyfde plek.