Duitsland tree in tussen Afghanistan en Pakistan

Kort nadat Heiko Maas, die Duitse Minister van Buitelandse Sake ’n besoek aan Afghanistan gebring het, het hy Pakistan besoek met die doel om die spanning tussen die twee lande te ontlont.

Die oproerigheid en spanning in Kashmir wat die veiligheid situasie bedreig in die buurstaat Afghanistan is op die agenda in ’n poging om gewelddadige optrede te voorkom.

Die Duitse minister sê die spanning in die twee buurlande het ’n gevaarlike punt bereik wat ’n bedreiging vir vreedsame naasbestaan is.

Intussen word berig dat die spanning tussen Pakistan se regering en die Indiese regering steeds rooi ligte laat flikker, en bevat elemente wat kan lei tot ’n erge uitbarsting.

Minister Maas het lang samesprekings gevoer met die Minister van Buitelandse Sake in Pakistan, Shah Mehmood Qureshi, asook met die land se Eerste Minister.

Maas het gesê beide Pakistan en Indië het ’n groot verantwoordelikheid om konflik en verskille met dialoog op te klaar ter wille van wêreldvrede.