Duitse snuffelhond ruik geld uit

As jy ooit sou waag om ’n groot bedrag geld deur die Dusseldorf lughawe t neem, sal jy waarskynlik te doen kry met Luke, die Duitse snuffelhond.

Luke is opgelei om geld uit te snuffel, ongeag hoe goed dit in ’n koffer verpak en toegedraai is, en sedert hy die taak het, voel die lughawe owerheid meer doeltreffend in die bekamping van misdaad.

In minder as drie maande sedert Luke sy opleiding gehad het en by die lughawe diens doen, is meer as €745,000 uit gesnuffell terwyl hy patrollie doen tussen die mense.

Die hond is geliefd onder die personeel by die lughawe waar hy reeds 12 gevalle uitgewys het van groot somme geld wat onwettig uit Duitsland geneem sou word.

In Duitsland is dit ook verbode om meer as €10,000 die land in te bring as die persoon nie ’n burger van ’n lidland van die EU is nie.