Duitse president waarsku teen nasionalisme

Duitsland se links-liberale president, Frank-Walter Steinmeier is daarvan oortuig dat die “terugkeer na nasionalisme” nie die antwoord is op die wêreld van môre nie.

Hy erken egter dat Europa verenig en sterk moet wees, maar kenners sê dit is juis nasionalisme wat mense saamsnoer.

Die Duitse president het besoek gebring in Kroasië, klaarblyklik om as neutrale persoon voorbrand te maak teen die nasionaliste wat die Europese parlement aansienlik anders gaan laat lyk in sy samestelling na die verkiesing van die Europese Parlement.

’n Vloedgolf van linkse en sosialistiese uitsprake is tans in Europa hoorbaar, maar die nasionaliste swyg en gaan voort met hulle taak om ’n ster verteenwoordiging in die Europese Parlement te verseker.