Duisende Volkswagen werkers word afgelê

Te midde van die groot wins wat die Duitse motorvervaardiger in 2018 kon realiseer, staar duisende werkers hul aflegging in die gesig.

Die Volkswagen vervaardiger sê hy gaan tussen 5,000 en 7,000 werknemers aflê teen die einde van 2023.

Dit sal die lopende uitgawes verminder met €5.9 miljard, wat waarskynlik die winste van die maatskappy nog verder kan vergroot.

Volkswagen is Europa se grootste motorvervaardiger, en was in die spervuur met die dieselgate skandaal, en moes miljarde euro uitbetaal aan verskillende instansies.

Verskeie doemprofete het voorspel dat die maatskappy sy deure sal moet sluit, maar die direkteure en senior personeel het getoon dat hulle die winste dramaties kan verhoog deur harde werk en deursettingsvermoë.

Die maatskappy het in ’n persverklaring aangekondig dat hy reeds ’n “digitale padkaart” opgestel het wat die administrasie outomaties sal doen, en ook die IT afdeling sal outomaties gedoen word.