Die Vakbond se blapse

Toe die sukses van Radio Pretoria te veel geword het vir die multikulturele Solidariteit vakbond, het hy met sy na-aap storie begin.

Eers is probeer om ’n “internet radio” te begin, maar niemand behalwe ’n paar werkers by die vakbond, het na die derderangse uitsendings geluister.

Toe begin hulle met ’n internet koerant, die Maroela affêre begin, maar dit is tot hede ’n kreupel ding.

Toe werk hulle saam met die linkses en kaap Radio Pretoria, en maak daarvan ook ’n derderangse uitsaaistasie met ’n paar kwasie omroepers wat soms woede wek en soms lagbuie veroorsaak by die klompie luisteraars wat oorgebly het.

Flip en Spies is mos volgens een omroeper dit gestel het, denkers en doeners van die radiostasietjie, maar wat hulle bedink en doen, weet niemand nie….. of gaan hulle al weer iets ander kaap, want self bring hulle min tot stand.

Die eens volksgerigte Radio het nou die linkse baadjie van Solidariteit en Kyknet aangetrek met sy uitermatige swak en Engelse musieksmaak en inhoudlose aanbiedings. Totsiens!

Dirk Vermeulen