Die president het verdwaal

Gedurende 2018 het die land ’n gemiddelde groeikoers van minder as 1% getoon, en in die laaste kwartaal was dit die landbou wat die wa deur die drif moes kry toe die ekonomie 1,4% gegroei het.

Die twee hoof bronne wat Suid-Afrika aan die gang gehou het, is eerstens die landbou sektor en dan die mynbou.

Die vervaardigers het baie swak gevaar en ander sektore het weinig bygedra om die land staande te hou teen die moontlikheid van rommel status.

Nou kom die ANC president, Cyril Ramaphosa, en wil die grondkwessie omkeer sodat die grootste bron van inkomste en wat die groei lewendig hou, te verongeluk sodat ’n negatiewe groeikoers ons voorland is.

Dit is die mening van ’n onafhanklike ekonoom wat ook daarop wys dat die president praatjies hou met nyweraars en sakemanne, terwyl die sektore weinig doen om die groeikoers te verbeter.

Hy sê die optrede van Ramaphosa dui op ’n moontlikheid dat hy die ekonomie glad nie begryp nie, en ietwat verdwaal is en dan alles verder wil opmors wat sy voorganger nog nie opgemors het nie.

As Ramaphosa iets reg wou doen, dan moet hy eerder die landbou vertroetel en sy belaglike grondgryp program verruil vir ’n sak grondboontjies.