Die mislukte Trump-Kim onderhandelings

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê die samesprekings met Kim Jong-Un het niks opgelewer nie omdat die Koreaanse leier verwag het dat Amerika die sanksies teen sy land moes ophef waarnaan nie voldoen kon word nie.

Die woordvoerder en Minister van Buitelandse Sake in Noord-Korea, Ri Yong-Ho, sê egter in sy perskonferensie dat hulle ’n billike aanbod gemaak het deur te vra dat vyf van die elf sanksies wat deur die Verenigde Nasies ingestel is, opgehef moet word, en nie al die sanksies soos die VSA beweer nie.

Ri Yong-Ho sê Noord-Korea het ’n realistiese voorstel gemaak om ’n begin te kry vir die beeïndiging van hul Kernwapen program.

In ruil vir die opheffing van vyf sanksies sou Noord-Korea die plutonium en uraan aanleg in Yongbyon aftakel onder toesig van die VSA verteenwoordigers.

Die woordvoerder van die Amerikaanse Wit Huis, Sarah Sanders, wys egter daarop dat president Trump vir Kim Jong-Un en sy span gevra het wat van die ander geheime en “versteekte” aanlegte waarvan die VSA bewus is.

Dit het die kommuniste onkant betrap want so ’n ingeligte span Amerikaners was hulle nie te wagte nie, en dit het gelei tot President Trump se besluit om die onderhandelings te staak.

Kenners wys daarop dat Noord-Korea ’n bewese rekord het van onbetroubaarheid, en nie hulle woord gestand doen nie.