Daimler en BMW span kragte saam

Die Duitse motorvervaardigers, BMW en Daimler, het besluit om hulle breinkrag saam te span vir die vervaardiging van ’n selfbestuur motor.

Die twee vooraanstaande motorvervaardigers wil ’n uiters betroubare outomatiese selfbestuur tegnologie ontwikkel  en het reeds ’n tweede keer bymekaar gekom in die afgelope week vir die projek ontwikkeling.

Die twee maatskappye het ’n ooreenkoms aangegaan om ’n langtermyn strategie van samewerking te verseker vir die ontwikkeling van ’n hoogs gevorderde stelsel wat die taak van die motor se bestuurder sal beheer, en wil dit gereed kry om in 2025 in werking te kom.