DA leier werf meer swart lede

Die DA se leier, Mmusi Maimane, het geslaag in sy doel om meer swart mense op die nominasie lys van die party geplaas te kry.

Na berig word is 50,5% van die genomineerdes swartmense terwyl die provinsiale lys gestyg het na 58% swartes.

Maimane was baie ernstig in sy pogings om transformasie te laat plaasvind op die nominasie lys.  Baie van die party se volgelinge is egter steeds ontevrede omdat vrouens slegs 36% uitmaak van die naamlys.

Die DA het ook talle Afrikaners as ondersteuners, waarvan die grootste deel uit die FW de Klerk era van die linkse Nasionale Party kom, en ander is voormalige volgelinge van die ou Prog Party wat deur Suzman tot stand gebring is.