CNN in verleentheid gebring

Rudy Giuliani

Die Burgemeester van New York, Rudy Giuliani, het tydens ’n televisie onderhoud op die CNN kanaal gal gebraak teen die vêr linkse kanaal.

Rudy Giuliani het gesê CNN het vir twee jaar lank, onophoudelik beskuldigings gemaak teen President Donald Trump, en behoort die president, wat onskuldig is, om verskoning te vra.

Hy sê die Mueller verslag toon duidelik dat die Amerikaanse president geen geheime verbintenis met Rusland gehad het nie, maar CNN het volgehou dat daar ’n verhouding was.

Die Burgemeester sê die mense op die CNN netwerk het die onskuldige president geteister vir ’n periode van twee jaar, en die minste wat CNN kan doen is om in die spitstyd ’n behoorlike verskoning aan te bied.

Die CNN onderhoudvoerder Chris Cuomo het egter geweier om namens CNN verskoning aan te bied, waarop burgemeester Rudy Giuliani gereageer het met: Voor ons oor ander sake praat, behoort jy verskoning te maak, maar steeds wier die CNN onderhoudvoerder.

“Natuurlik sal julle nie verskoning maak nie, want julle is nie eerlik nie”, het die burgemeester gesê ’n die onderhoud afgesluit.