Clover aanleg tot as gebrand

Die Clover fabriek in Estcourt het letterlik tot as gebrand, en daarmee is alle produksie beëindig by die aanleg.

Die brand het groot skade veroorsaak, maar die totale omvang is nog nie bereken nie, en die produksie sal weinig invloed hè op die verbruiker se behoeftes.

Clover vervaardig hoofsaaklik poeier produkte by die Estcourt aanleg en lewer die grootste deel van die produksie aan ander nywerhede.

Clover sal egter ’n tydelike tekort aan room kan lewer aan die handel, en sal moontlik ’n ander aanleg moet taak vir die lewering van room.

Onsekerheid bestaan nog oor wat die brand veroorsaak het, en Clover sal eers later besluit wat gedoen moet word om die verlies van die aanleg aan te spreek.