Cele se polisie wil staak

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, en sy senior polisiebeampte, generaal Khehla Sitole, het Donderdag ’n inligtingsessie gehou met die media oor die dreigende staking wat polisiebeamptes oorweeg.

Polisie offisiere regoor die land het die minister gedreig dat hulle gaan staak weens die regering se nalatigheid om bevorderings af te handel wat lank reeds gedoen moes word.

Die polisie is ook ongelukkig oor die bevorderings prosesse wat toegepas word en na bewering sekere lede as offisiere bevoordeel.

Dit blyk dat polisielede ook ontevrede is omdat lede wat in spesiale eenhede is as konstabels, na offisiersrange bevorder word terwyl die ander polisielede wat in die polisiekantoor diens moet verrig, oor die hoof gesien word.

Dit is nie bekend wat die minister en die polisiebeampte aan die media oorgedra het nie.

Foto – Bheki Cele