Capitec Bank groei dramaties

Capitec Bank het tot aan die einde van Februarie ’n styging van 19% aan inkomste gerealiseer wat R5,3 miljard beloop.

Benewens die groei in inkomste, spog die bank met ’n ’n groei in nuwe kliënte van 15%, wat die totale kliëntebasis op 11,4 miljoen kliente te staan bring.

’n Woordvoerder van die Bank sê die instelling het die uitdagings getrotseer wat minder gunstige finansiële klimaat is, maar dit met deeglike beplanning oorbrug tot die huidige sukses.

Capitec is sterk gefokus op die kliënt wat digitale bankdienste benut tesame met ’n netwerk van takke wat goeie kommunikasie bevorder.

Die Bank het intussen ook sy kredietkaart aan kliënte bekendgestel wat glo alom verwelkom is.