Burgerlikes gedood in Pakistan-Indië konflik

Drie burgerlikes van Indië en een van Pakistan, ’n minderjarige kind, is in gevegte tussen die twee lande gedood.

Die dood het beide lande laat besef dat verdere optrede teen mekaar kan lei tot ’n gevaarlike situasie, en het albei lande verklaar dat hulle die voorvalle veroordeel en nie in ’n staat van oorlog betrek wil word nie.

Die stryd tussen soldate van beide lande oor die dispuut wat bestaan oor die Kashmir gebied is ook die rede vir die ernstige beserings wat 12 soldate opgedoen het.

Die konflik kom nadat Pakistan as ’n gebaar van vrede, die twee vlieëniers teruggestuur het aan Indië. Die twee vlieëniers se vliegtuie is vroeër neergeskiet en die vlieëniers is in aanhouding gewees, maar Saterdag teruggestuur.