Burgemeester se motor ongelukke

Met die jongste motorongeluk was daar geen ander voertuig in gedrang nie, en tog het die burgemeester se ampsmotor in ’n sloot beland.

Die burgemeester is glo op rekord dat dit die derde motorongeluk is waarin sy betrokke is, en nou gons die sosiale media oor die klaarblyklike onbevoegdheid.

Dipuo Thobejane is die burgemeester van die Maruleng Munisipaliteit wat nou die derde voertuig beskadig het, en hierdie keer nogal ’n voeruig wat ’n versekeringsmaatskappy haar geskenk het.

Die vorige twee ongelukke, wat in die afgelope twee maande was, is ewe roekeloos en onverstaanbaar, maar waarnemers is onseker of sy oor ’n behoorlike bestuurslisensie beskik.

Die eerste ongeluk was met ’n luukse Toyota, die tweede met ’n Mercedes  en die derde ook met ’n Mercedes Benz.