Buitelanders nou negatief oor SA

Dwaine van Vuuren

Volgens Dwaine van Vuuren, ‘n finansiële analis , is buitelanders besig om op groot skaal ontslae te raak van aandele op die Johannesburgse Effekte Beurs en op die staatseffekte.

Syfers toon dat meer as R450 miljard sedert September 2013 uit die land onttrek is.

Selfs na Ramaphosa se oorname as regeerder het daar ‘n skerp uitvloei plaasgevind terwyl die ANC regering dit vol bravade aankondig dat geld die land in stroom.

’n Politieke ontleder van Pretoria sê dit wil lyk asof nog ’n leuen die kiesers bereik het so kort voor die verkiesing.