Britse premier sal moet uittree

Premier May

Die Britse premier, Theresa May, se dae as Eerste Minister van Brittanje het min geword en sal waarskynlik nie meer lank in die amp kan voortgaan nie.

Die Eerste Minister het bekendgemaak dat sy bereid is om haar amp neer te lê indien haar eie party se rebelle parlementariërs onderneem om haar ooreenkoms met die Europese Unie te aanvaar.

Die Britse Premier is destyds in die plek van David Cameron as premier gekies toe hy besluit het om uit te tree weens die kiesers se besluit om Brexit te aanvaar.

Die uittrede uit die Europese Unie is egter meer ingewikkeld as wat die kiesers besef het, en stemme gaan op dat ’n tweede referendum gehou moet word oor lidmaatskap by die EU.

Eerste Minister May het gister aangekondig dat sy bereid is om uit haar amp te bedank en bygevoeg dat sy hoop dit sal die Konserwatiewe Party weer herenig as ’n opvolger aangewys word.

Foto – Premier Theresa May