Brexit – ’n nuwe dilemma

Die Verenigde Koninkryk se parlement het met beslistheid al die moontlikhede wat deur premier Theresa May voorgehou is, verwerp.

Nou blyk dit dat die Britte ten gunste is van ’n uitgestelde datum van uittrede uit die Europese Unie.

Dit is egter ’n moeilike saak vir die EU sowel as vir die Britte, want sterk argumente word gevoer teen ’n kort uitstel datum soos middel April, want dit sal geen verandering meebring aan die huidige situasie nie.

’n Datum wat miskien oorweeg kon word is Juniemaand as uittree datum, maar dit beteken dat die Britte nog kan stem in die verkiesing van die Europese Parlement, en verteenwoordigers vanaf die Verenigde Koninkryk sal dan moet uittree op die nuwe datum wat totaal onaanvaarbaar vir die Europese lidlande is.

Wat ook al die besluit in die Verenigde Koninkryk se parlement sal wees, sal duidelik nie ’n kitsoplossing vir die verdeelde Britte bring nie.

Later het ’n woordvoerder van die EU laat blyk dat hulle wel tn gunste van ’n uitgstelde datum is, maar kenners reken dit gaan nie veel bydrae tot ’n ander en meer aanvaarbare ooreenkoms nie.