Bosasa wil likwidasie omkeer

Die omstrede Bosasa,  nou African Global Operations,  is tans besig om ‘n aansoek te bring om die vrywillige likwidasie waarvoor hul aansoek gedoen het, om te keer.

Die besluit om te likwideer was glo weens swak advies van ‘n konsultant en die regte prosedure is glo nie gevolg nie.

Volgens ‘n verklaring is die maatskappy se finansiële posisie baie goed.    Intussen word berig dat Bosasa twee weke voor die likwidasie-aansoek ‘n R5 miljoen bonus aan Gavin Watson betaal het,  dit bo en behalwe sy R5,7 miljoen maandelikse salaris.