Boeing vlugte word gevaarlik

’n Boeing 737 Max 8 passasiersvliegtuig moes ’n dringende noodlanding doen toe probleme ondervind is met een van die motore.

Die geluk is dat daar tydens die vlug geen passasiers aan boord van die tuig was nie, wat die vlieëniers in staat gstel het om ’n noodlanding te doen sonder enige paniek van passasiers.

Die noodlanding volg nadat die Boeing maatskappy se vliegtuie skerp onder die soeklig gekom het na twee ongelukke waarin al die passasiers omgekom het.

Die wêreld se reisende publiek het nog meer bekommerd geraak toe vasgestel is dat dieselfde probleem by die twee vliegtuie voorgekom het.

Die Boeing 737 Max 8 is reeds in verskeie lande verbied om met vlugte voort te gaan tot die Boeing maatskappy die probleem opgelos het wat in die twee vliegtuie voorgekom en binne enkele maande uitmekaar neergestort het.

Die vliegtuig van Southwest Lugredery moes ’n noodlanding uitvoer toe dit  van Orlando na Victorville in die VSA onderweg was, en omdat die vliegtuig nie enige passasiers aan boord gehad het nie, kon die vlieënier ’n veilige noodlanding uitvoer.