Boeing vervaardiger sê les op

Aanvanklik was dit Sjina en Ethiopië wat besluit het om sy Boeing &37 Max 8 passasiersvliegtuie te onttrek van enige vlugte totdat die ontledings gedoen is in die twee swart bokse.

Kort daarna het die VSA se lugvaart owerheid Boeing opdrag gegee om onverwyld met verbeterings op hulle vliegtuie te begin.

Selfs Suid-Afrika se Lugdiens het besluit om nie die 737 Max 8 vliegtuie te gebruik nie en wag eers vir die finale bevindings van die ondersoekspan.

In die afgelope 24 uur het meer as agt lande te kenne gegee dat hulle weens veiligheidsredes geen vlugte met Boeing 737 Max 8 vliegtuie toelaat nie.

Die talle vliegtuie wat daardeur op die grond onbenut bly, is ’n ernstige verlies vir rederye, maar ook ’n groot probleem vir die Boeing vervaardiger wie se naam hierdeur ernstig geskaad word.

In die jongste gevalle is die Verenigde Koninkryk wat besluit het dat geen rdery in die land hulle 737 Max 8 vliegtuie mag gebruik nie.