Boeing kan miljarde doller se eise verwag

In ’n nuwe ondersoek van die Boeing van Ethiopië Lugredery wat neergestort het, is gevind dat dieselfde oorsaak gelei het tot die val van die Lion Lugredery se Boeing

Die twee vliegtuie, albei nuwe Boeing 737 Max 8 modelle, het kort na hulle opgestyg ht, neergestort en in beide gevalle is al die mense aan boord gedood.

Twee afsonderlike bronne het nou aangedui dat hulle ’n stuk van ’n “stabiliseerder” by die wrak van die Ethiopiese tuig gevind het wat soortgelyk is aan wat by die Lion redery se vliegtuig gevind is.

Die “stabiliseerder” se hoof funksie is om op die regte tyd die styging van die tuig, en die landing, die neus van die vliegtuig te beheer.

Dit blyk noudat die apparaat onklaar raak of nie funksioneel is nie, wat die ongeluk veroorsaak.

Indien die bevindinge bevestig word, kan Boeing miljarde dollar se eise verwag van slagoffers se familie.