Bernie Sanders wil VSA regeer

Die vêr linkse, en selfverklaarde sosialis, Senator Bernie Sanders, van die Demokratiese Party in Amerika wil graag die land se president word.

Hy is waarskynlik die eerste senator wat vir ’n tweede keer as kandidaat sy veldtog begin omdat hy baie graag Amerika op die links-sosialistiese koers wil druk.

Waarnemers reken egter die senator slaan ’n patetiese figuur en bepleit die sosialisme op ’n wyse wat die gemiddelde Amerikaanse kieser nie aanstaan nie.

In die vorige wedloop moes hy eers met Hillary Clinton afreken in ’n nominasie stryd, maar kon nie daarin slaag om as presidentskandidaat aangewys te word om teen Donald Trump van die Republikeine te veg nie.

Clinton het ’n geweldige groot nederlaag op die lyf geloop ten die Republikein, en daardie vernederende verloor het haar glo permanent genees van die magsug om president t word.

Nou wil Sanders weer probeer om as kandidaat teen die huidige president te staan, maar politieke ontleders reken sy kanse om die amptelike kandidaat van die Demokrate te word, selfs kleiner is as wat dit die vorige keer was.

Twee vroue het aangekondig dat hulle beskikbaar is as kandidaat, maar tyd sal leer wie werklik kans sien om teen President Donald Trump te veg in die 2020 presidentsverkiesing.

Foto – Senator Bernie Sanders