Beloftes, beloftes is diefstal

Cyril Ramaphosa is op sy verkiesingsveldtog besig om orals grond skenkings en beloftes te maak aan kiesers. 

Die nuutste is in die Ebenhaëser area buite Vredendal, waar daar aan die Griekwas en Khoi grond uitgedeel is.  Hy het weer opswepende stellings gemaak dat wit grondeienaars nie langer in ‘n posisie is om die regering se grond hervormings beleid tee te gaan nie.

Daarna het hy plaaswerkers in Citrusdal bearbei waar daar sogenaamde arbeid dispute is tussen plaaswerkers en van die Rooibos produsente   Volgens hom is die inwoners van die land honger vir grond en boere moet vrede maak met die proses. Intussen het hy erken dat sy mense), wat deel was van gemeenskaps eiendom verenigings, vir hul eie sakke gewerk het in die grondeis-prosesse.

Waarnemers meen dit is waarom gesloer word met sekere eise vir reeds sowat twintig jaar met die gepaardgaande koste.

Foto – ANC president