Beleggings Korporasie blaas miljoene

Die vorige hoof van Risiko en Nakoming by die Openbare Beleggings Korporasie (OBK), Paul Magula, het voor die OBK se Kommissie van Ondersoek getuig hoe miljoene spandeer is op ‘n paar uitgesoekte lede van die korporasie.

Dan Matjila, die vorige Hoof Uitvoerende Beampte van die Korporasie, staan weereens kniediep in die trog van wanbesteding.

Beleggings soos R9,3 miljard in Lancaster, R4.3 miljard in Ayo Technologies Solutions, R1 miljard by Independent Media en R4 miljard by Erin Energy is van die transaksies wat Magula as ‘n “ramp” beskryf.  Magula sê dat belastingbetalers SEB ooreenkomste befonds het sonder die nodige beleggings rasionaal.

Foto – Paul Magula