Bejaardesorg deur uitlanders wek kommer

Die Duitse regering onder leiding van Kanselier Angela Merkel het met ’n beleid van onberede instroming van vreemdelinge na die land, ’n turksvy gepluk wat nou geët word – met skil en al.

Die misverstande tussen Duits-opgeleide versorging personeel en die buitelandse kollegas wat ook in tehuise en oorde werksaam is, toon ’n vloedgolf van toenemende konflik.

Die vreemdelinge wat ook as versorgers werksaam is, se kulturele agtergrond laat nie net die bejaardes woedend nie, maar ook die mense se kinders moet aanhoor hoe hulle ouers deur die vreemdelinge behandel word.

Die hospitale ervaa ook dieselfde probleem, en die vreemdelinge se verkeerd uitvoer van opdragte veroorsaak ’n plofbare situasie.

Die vreemdelinge kom met sertifikate om as verpleegpersoneel in diens geneem te word, maar beskik nie oor die deeglike opleiding waaraan die Duitsers gewoond is nie, en menige voorvalle van konflik het ontstaan.