Bankrot SABC is SA se verleentheid

Die ongewilde SABC het met sy jongste ekonomiese tekorte nog een van SA se verleenthede geword wat in die rys staan saam met Eskom en talle ander entiteite.

Die sogenaamde nasionale uitsaaier het weereens getoon hoe onbevog sy mense is om die senders winsgewend te bedryf.

Volgens berigte is die SABC oppad na sy bankrotskap teen die einde van Maart vanjaar met ’n netto finansiële verlies van R568 miljoen vir die finansiële boekjaar.

Die skokkende gegewens is deur die uitsaaier se woordvoerders aan die parlement oorgedra wat dit ’n voldonge feit maak dat die ANC nie oor die kundiges beskik om ’n entiteit ekonomies voordelig te bedryf nie.

Met die swak programme wat deesdae geen Afrikaner sal lok om na die SABC kanale oor te skakel nie, kan verwag word dat die ANC maar weer soos in die verlede, sy onkundiges met belastingbetalers se geld staande gaan hou.