Bankrot Eskom ruïneer bankrot SA

Met die jongste aankondiging dat Eskom weer nie in staat is om voldoende elektrisiteit op te wek om in die aanvraag te voorsien nie, word die kragverbruikers se geduld weereens tot die uiterste beproef.

Sedert gister moes sakeman, nyweraar en huisvrou hul beplanning vooruit doen om tog nie in die doodsheid van Eskom se nalatigheid betrap te word nie.

Die nuwe Fase 2 beurtkrag wat ingestel is, het verbruikers laat spring om by winkeliers te kom om ’n redelik betroubare herlaaibare lamp te koop om nie in algehele duisternis te wees nie.

Mense moet maar op die webblaaie rond soek om die Eskom skedule te bekom vir die beurtkrag tye in die streek waar gewoon en gewerk word om nie onverhoeds betrap te word nie.