Andile Ramaphosa en Bosasa

Die president van die land se seun Andile is “bitter” jammer oor die R2 miljoen “transaksie” wat hy gehad het met Bosasa.

Dit na Venter se verklaring dat R500,000 aan Ramaphosa jnr betaal is.  President Ramaphosa het geweier om aan die parlement te sê hoeveel geld sy seun ontvang het van Watson, die hoof van Bosasa.

Waarnemers sê dit is kommerwekkend dat die president so lieg terwyl hy die verkiesing ingaan, wat mense laat twyfel oor alles wat hy sê.

Ramaphosa het intussen ‘n ellelange verklaring uitgereik oor die betalings en gesê dat die R500,000 donasie tot sy verkiesings veldtog  geen korrelasie het met die R2 miljoen besigheids transaksie wat sy seun met Bosasa gehad het nie.