ANC seniors kry Bosasa “vergoeding”

Bosasa se vorige Hoof Operasionele Beampte, Angelo Agrizzi, het weer begin getuig voor die Zondo kommissie.

In sy nuwe getuienis het hy vertel van die groot bedrae geld wat Bosasa “geskenk” het aan die regering s amptenare insluitende van die top ANC kaders.  

Volgens Agrizzi is hy bewus van tjeks ter waarde van R12 miljoen wat aan die ANC se senior mense betaal is.  Die sogenaamde “war room” in Krugersdorp het ook weer die lig gesien tydens sy verklaring – dit is waar meer as R6 miljoen aan die ANC geskenk is om hulle verkiesings te befonds.  

Kontrakte is deur Bosasa bekom deur bykans R75 miljoen se omkoopgeld wat van hande verwissel het, en in ruil daarvoor is kontrakte bekom van meer as R2,5 miljard. 

Volgens Agrizzi is daar ongeveer 38 regeringsamptenare en politici op Bosasa se betaalstaat.