ANC op vredesending voor verkiesing

Die ANC en liggame wat swart professionele groepe verteenwoordig het vrede gemaak en gaan hard werk om besighede wat deur swartes besit word,  te bevorder.

Fikile Mbalula het verklaar dat die party verbind is tot “swart uitnemendheid.” Terselfdertyd meld hy dat sekere swart professionele persone hul poste misbruik en wanbestuur.

Die optrede van die ANC leiers so kort voor die verkiesing is ietwat vreemd gesien in die lig van die geweldige omvang van korrupsie wat in die afgelope weke op die lappe gekom het.

Foto – Fikile Mbalula