ANC: Grondgryp geen gevaar vir ekonomie

Die ANC se grondgryp program is geen bedreiging nie en sal geen negatiewe invloed hê op die land se ekonomiese stand nie.

Die opmerking kom van die ANC se adjunkpresident, David Mabuza, tydens sy toespraak in die parlement.

Hy sê blanke kommersiële landbouers is bereid om grond te skenk aan die ANC regering as hulp om die grondgryp program te laat slaag.

Die adjunkpresident het later herhaal dat die grondgryp program geen bedreiging is vir die ekonomiese sektor van die land nie.

Hy sê die ANC regering gaan nie grond van belangrike voedselprodusente gryp nie, maar wil wel die “onreg van die verlede” regstel.

Mabusa sê wit boere het na vore gekom en is gewillig om grond te skenk en dit is ’n positiewe skuif om te verseker dat die grondgryp program sal slaag.

Foto – Adjunk Mabusa