ANC beveg Steve Hofmeyr

Die ANC se Panyaza Lesufi in Sentraal Transvaal se hy het indringend met die Hoof Uitvoerende Beampte van Toyota SA gesprek gevoer met die versoek om Steve Hofmeyr se borgskap te kanselleer vanweë sy teenwoordigheid by die :Afrikaans is Groot” opvoering.

Hy beweer dat Toyota se Andrew Kirby, na ’n lang gesprek erken het dat Toyota fouteer het, en ’n verklaring sal uitreik dat Steve Hofmeyr se borgskap teruggetrek word.

Dit volg nadat Panyaza Lesufi ook vir MTN oorreed het om Hofmeyr se borgskap te kanselleer.

Voorheen het Toyota gesê hulle meng nie in met persone se persoonlike sake en keuses nie, veral as dit op kulturele vlak is.

Panyaza Lesufi se na die lang gesprek is Toyota gewillig om sy borgskap terug te trek en dat sy aanvanklike besluit ’n fout was.

Foto – Panyaza Lesufi