Ace Magashule spel sy weersin uit

Die ANC se Sekretaris-generaal, die omstrede Ace Magashule, het sy weersin in die bestaan van blankes die afgelope naweek uitgespel toe hy aan die hoorders gesê het die ANC het nie wittes se stemme nodig nie.

Die Sekretaris-generaal se uitlating kom as ’n vingerwysing nadat die jongste meningspeilings toon dat meer blankes vir die ANC wil stem nadat Ramaphosa aan die stuur van die land gekom het.

’n Politieke ontleder in Pretoria sê die opmerking weerspieël die verborge haat wat in Ace Magashule opgesluit lê teenoor blankes.

Waarnemers glo die uitlating van die Sekretaris-generaal is redelik verteenwoordigend binne die ANC, veral as gelet word op die wetgewing wat direk teen blankes gemik is soos die grondgryp program, die swart bevoordeling in die werkplek en talle ander terreine soos om direk teen blanke mans te diskrimineer in die toekenning van werksgeleenthede.

Die blankes het kennis geneem van die opmerking en sê dit toon duidelik op nog ’n ANC liegstorie dat hulle nie politiek bedryf op grond van ras en kleur nie.

Die lesers van Die Vryburger sê deur sulke optrede is dit verstaanbaar dat miljoene blanke kiesers hulle nou nog verder van die ANC sal distansieer.

Foto – ANC Sekretaris-generaal