Witmense is nie rassisties nie

Die herrie is nog steeds los oor die spotprent wat in ’n Australiese koerant verskyn het en uiteindelik deur die Australiese Pers Waghond beoordeel moes word.

Die spotprent het die tonge los gemaak op die sosiale netwerke nadat die tennisspeler Serena Williams gal gebraak het op die tennisbaan oor ’n beslissing waarmee sy nie saamgestem het nie.

Die Waghond het die klag dat dit ’n rassistiese aanslag op swartmense is, verwerp en daarmee ’n nuwe herrie laat losbars.