Weermaglede vlug uit Venezuela

Die oproep van die Amerikaanse president dat die Weermag leiers in Venezuela hulle steun aan die tussentydse president, Juan Guaidó , moet gee, het op dowe ore gval.

Dit het egter tot gevolg dat minstens 61 van die Weermag se senioer lede dringend uitgewyk het na Columbië uit vrees dat president Maduro hulle kan vervolg weens hulle onverklaarde steun aan Juan Guaidó.

Die Weermaglede het glo gedurende die nagtelike ure uit Venezuela gevlug sonder om hulle wapens saam te neem.

Die weermagmanne het glo hulle steun aan die tussentydse president, Juan Guaidó gegee, maar dit nie bekendgemaak nie uit vrees vir moontlike vervolging.

Kenners wys daarop dat daar waarskynlik nog talle weermaglede is wat teen president Maduro gekant is, maar wat uiters versigting is om nie vervolg te word nie.